Leerderwerkboeke is geskik vir gebruik vanaf graad 4 (9–10 jariges) en verder. Ons boeke is nie graadgebonde nie, aangesien leerders se vlakke van taalontwikkeling in ‘n sekere ouderdomsgroep baie kan verskil. Die opvoeder (onderwyser/tutor/ouer) kan met gemak geskikte inhoud en pret geskrewe oefeninge uit die Werkboek selekteer vir ‘n spesifieke groep/individu. Elke hoofstuk bevat illustrerende prente van s.nwe, wwe en eenvoudige sinne wat op alle ouderdomsgroepe van toepassing is. Werkboeke kan afson-derlik gebruik word, of saam met die Opvoederhandleidings en Visuele Hulpmiddels. Werkboeke is ideaal vir gebruik in die klaskamer en tuisonderrig, asook vir tutor– en aanlyn onderrig (d.m.v. skermdeling –“screen sharing” – en druk van digitale dokumente).
Antwoordboeke voorsien antwoorde vir alle oefeninge in die Leerderwerkboeke.
Woordeskatuitbreiding–boekies is verkorte weergawes van die Leerderwerkboeke en bevat slegs die geïlustreerde s.nwe en wwe, asook eenvoudige sinne en taalwerk wat in die Werkboeke voorkom. Alle oefeninge en progressiewe sinskonstruksie in die Werkboeke is uitgesluit in die verkorte boekies. Woordeskatuitbreiding–boekies is geskik vir tutor– en aanlyn onderrig en kan ook vir onderrig van volwassenes gebruik word.
Opvoederhandleidings gee duidelike stap–vir–stap–instruksies vir onderrig van ‘n addisionele taal aan geletterde sowel as ongeletterde leerders. Handleidings is primêr ontwikkel vir gebruik in die klaskamer (selfs voorskools) of vir tuisonderrig, en sluit baie inter-aktiewe, stimulerende speletjies in. Die inhoud van die Handleidings stem ooreen met dié van die Leerderwerkboeke en bevat bladsyverwysings na die Werkboeke. Opvoederhandleidings word gebruik saam met die Visuele Hulpmiddels, wat prent–flitskaarte (s.nwe en wwe), bordspeletjies (A4) en opvoedertabelle insluit. Die prent–flitskaarte is veral vir ongeletterde leerders baie nuttig om Afrikaans mondelings te bemeester, en is ook bewys as waardevolle hulpmiddel vir tutor– en aanlyn onderrig.